Liela Oloffson het alles wat die meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ân blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy en die polisie vra die media se hulp. Gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo volg Liela se spoor soos ân bloedhond. Kruip Liela weg of is sy gekaap? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei voor sy verdwyn het?