Inhoudsopgave:
In Eben Venter se roman Santa Gamka word ân politieke revolusie lyflik vertolk: Die seun van ân plaaswerker in die Karoo vier sy vryheid in die Nuwe Suid-Afrika deur ân rentboy te word. Santa Gamka is die verhaal van Lucky Marais wat op ân Karoodorpie ân bestaan maak deur sewe kliënte tevrede te hou, en dié kliënte kom van albei kante van die verdelings wat steeds deur ras, klas en geslag gemerk word. Maar is hierdie demokrasie van begeerte volhoubaar? Want op slot van sake vertel Lucky sy verhaal vanuit ân pottebakkersoond waarin hy deur ân wrewelige boer gestop is. Die Karoo wat Venter so aangrypend deur beeld en idioom voor oë roep, is een waarin rassisme, armoede en geweld nog so aanvoelbaar teenwoordig is soos gannabos en klip. Venter toon meesterlik aan hoe politieke omwentelings immer deel is van die lewe se ewige siklusse van opkoms en val. |