ân Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in ân samelewing waar geweld net onder die oppervlakte lê. Die vreemdeling August vestig hom op ân klein Weskusdorp om sy redigeringswerk aan ân pasontdekte dagboek van die 18de eeuse ontdekkingsreisiger Robert Jacob Gordon af te rond. Dis wanneer polisievrou Tessa hom vra om haar seuntjie Otto ân aand lank op te pas terwyl sy die dood van ân naamlose persoon by die motorhawe ondersoek, dat August homself onverwags bevind op die drumpel van ân vertroostende verhouding. Die liefde wat tussen August en Tessa, twee radikaal verskillende mense, ontstaan, word egter bedreig deur die terugkeer van Tessa se man, Andries, van wie sy besig is om te skei. Sy onvoorspelbaarheid en kil woede hou gevaar in, en die roman stuur af op die ontstellende moontlikheid van geweld. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van ân mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid. âDie verlede is ân denkbeeld waarvan jy nie kan loskom nie,â besef August. âân Deurpriemende analise van die plattelandse Afrikaner en sy oorgawe aan ân toestand van onsekerheid. ... En ân skitterende âslice of lifeâ, sê een van die keurders.