Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ân Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel â en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is. âMatt,â sê die hondebek, âdis ek. Maak oop asseblief.â Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duikerâs Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos ân wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood. Eben Venter se roman is ân diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van ân man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir ân lewe in ân snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. ân Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel â Venter aan die toppunt van sy vermoëns.