Ranna Abramson skuil van die gereg ná die dood van drie mans na aan haar. As ân guns aan die geheimsinnige Adriana de Klerk gebruik sy en Alex Derksen hul dekmantel as joernaliste om ân aanval op ân vrou onder Adriana se beskerming te ondersoek. Dit lei hulle na ân skokkende ontdekking â ân nuwe leidraad oor die verdwyning van ân talentvolle matriekmeisie ses jaar gelede.Die derde boek in Irma Venter se gewilde S-reeks.