Inhoudsopgave:
Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eens ân eier kan kook nie! Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar suster en aan vriendinne. So ontstaan ân aangrypende dog ook humoristiese beeld van ân groeiproses, van die aanvanklike woede tot by aanvaarding, van die koestering van wraak tot die uiteindelike gewaarwording dat sy van haar eks-man verlos is. In korrespondensie wat oor ân dekade geskryf is, ontvou die verhaal van ân vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, terwyl daar ân wond in die siel is wat net besweer kan word deur tyd en die insig wat jy in jouself kry. Dis koue kos, skat is ân vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan. |
|