Mosela Mosholi, ân ou vriendin, bel Sarah Fourie op ân koue wintersoggend wakker. Mosi se rekenaars voorspel ân vierde moord op ân toeris en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. So sy sleep haarself uit die bed en bel vir Jaap. Mosi is in die moeilikheid en Jaap Reyneke is al raad wat sy het. Van Seepunt en Manenberg tot Tokio en Hakone. Nog ân verbluffende roman deur die meesterkrimi-skrywer Irma Venter.